Boeke brand is ‘n doodsonde!!!!

Die handboeksaga is vir eers op die agterplaat geskuif met die groot tameletjie van Marikana op hande. Dit lyk amper asof die fluitjieblasers dink daar is groter politieke munt te slaan uit die blaam wat links en regs geslinger word vir die tragiese en hartseer situasie by Marikana. Ek wil nie eers begin om my daaroor uit te laat nie omdat my kennis oor die oploop en werklike gebeure beperk is tot dit wat deur die media opgedis word. Opgeblase, sappige stories wat ‘n ekstra skop emosie bykry wat sekerlik statisties uitgewerk is om maksimum lesers te lok. Ek huil saam oor die dood van werkers. Ek kan beswaarlik my trane bedwing met die nuus van hoe grusaam die geregsdienaars afgemaai is. Dis juis hierdie emosie wat vandag moet lug kry met eersgenoemde sonde.

Verskoon asseblief maar my eie oordrewe nostalgie maar van my eerste herrinneringe is dié waar ek omring was met boeke. Die oneindige lang boekrak wat van die vloer tot die dak strek (in die skakelhuis in Brixton waar ek grootgeword het), die stapels boeke wat voor my ma se bed gestaan het, my pa wat langs my op die strand sit met ‘n louis l’amour boek en die ononderbroke uitsien van ons vir kinders na die huisgenoot elke week het maar die basis vir my verhouding met boeke gevorm. Hier sit my oudste op haar boude in die hemel.

Die enigste aktiwiteit wat vir my as jong lat lekkerder was as lees, was swem. Die Here het geweet dat ek van die twee goed gaan hou want Hy het die Brixton swembad en die Biblioteek langs mekaar staangemaak. Uit die aard van hierdie situasie het ek baie minder in die somer gelees maar boeta, in die winter was dit ‘n ander saak.

Ons kon net een maal per jaar met vakansie gaan want my ma was ‘n huisvrou en my pa ‘n rekenmeester. Ons was nie skatryk nie en ook nie brandarm nie. Alhoewel ons net een maal per jaar oor die vaalrivier gery het, het ek baie meer plekke as dit beleef. Ek het saam met die boksombende gespeel en saam met Jasper spioenasiewerk gedoen en vreemde skurke aangekeer langs Ben Brandt. Dis hier waar my siel gevlieg het en die wêreld op ‘n skrefie oopgegaan het. (‘n boekwinkel van watter aard ookal trek my net so hard soos ‘n goeie avontuurwinkel, ‘n pandjieswinkel of ‘n outydse hardeware winkel.)

Met hierdie wete dink ek dat julle verstaan hoe bitter ek is oor die morone wat die boeke wat vir skole bestem is op ‘n vullishoop gaan gooi. Ja, ek weet die goewerment daar het die pêrre nog nie betaal nie toe smyt hulle dit maar weg. Dit is ook die einste ouens wat al die afgelope 10 jaar ryk geword met die tenders wat deur hul maatjies aan hulle toegestaan is. Tenders wat tot drievoudig verhoog word om die “entitled elite” se sakke te line!!!!!!!!!.

Dit het hier gegaan oor die basiese gebrek aan insig vir die nood van die provinsie se kinders. In een van my top 10 flieks “A scent of a woman”, raak Al Pacino een van die groot opvoedkundige waarhede kwyt. Hy sê:

Out of order, I show you out of order. You don’t know what out of order is, Mr. Trask. I’d show you, but I’m too old, I’m too tired, I’m too f@#$%’ blind. If I were the man I was five years ago, I’d take a FLAMETHROWER to this place! Out of order? Who the hell do you think you’re talkin’ to? I’ve been around, you know? There was a time I could see. And I have seen. Boys like these, younger than these, their arms torn out, their legs ripped off. But there isn’t nothin’ like the sight of an amputated spirit. There is no prosthetic for that. You think you’re merely sending this splendid foot soldier back home to Oregon with his tail between his legs, but I say you are… executin’ his soul! And why? Because he’s not a Bairdman. Bairdmen. You hurt this boy, you’re gonna be Baird bums, the lot of ya”

Baird bums, nee boeke bums. Dit is net so goed jy maak soos die antagoniste in SLUMDOG MILLIONAIRE en drup sterk suur in die kinders se oë. Om boeke van hulle te weerhou is baie minder grafies maar dis net so wreed.

Elke keer as ‘n boek geskryf word is dit die geboorte van ‘n gans wat goue eiers lê. Dit gee en gee en gee en gee…………….. Verbrand jy so ‘n boek is jy die sot wat die gans se nek afsny. Jy is dan niks beter as Terry Jones wat die Koran verbrand het nie. Jy is niks beter as die idiote in Iran wat bybels verbrand nie.

 Ian Maclaren skryf:

“Be pitiful, for everyone is fighting a hard battle.” 

Ons battle is juis teen die groot donker gees van onkundigheid wat die broeiplek is van allerlei onsmaaklike sosiale slaggate. Dis in hierdie hel waar mense aangemoedig kan word om polisiemanne en vroue aan te val en te vermoor. Dis in hierdie onderwêreld waar geregsdienaars besluit om mense in die kwasi-kameraadskap van moordbendes om die lewe te bring. Die enigste eksodus uit hierdie plek van slawerny is geletterdheid. Die vermoë om ander se sienings ook in te neem, te evalueer, te assimileer en uiteindelik op die kollektiewe droom van verbetering te reageer.

Yentl (Barbra Streisand) sing oor hierdie stukkie son wat deur die skrefie skyn.

What’s wrong with wanting môre

 If you can fly, then soar

With all there is, why settle for

Just a piece of sky?

Om boeke te vernietig is om die skrefie toe te skop.

Die tye wat ek tydens my grensdiensjare by die huis tydens pas gespandeer het was propvol aktiwiteite wat ek gemis het. My slaapplek vir daardie jaar was op die grond voor die boekrak waar die unieke reuk van stof en boeke my stil-stil droomland toe gestuur het.

Die boeke wat verbrand word ontneem die mensdom van ‘n toekomstige Dalene Mathee, PG du Plessis, Dana snyman en Wilhelm Jordaan. Dit keer dat ons die sielsbewegende skrywes kan opdrink van Freddie Burger, Sanko Lewis, Scaramouche, maankind, Rondomtalie, Son, Murphy en Pietergrdevilliers.

Ek doen my deel deur my eie gesin se liefde vir boeke te vertroetel en te tug. (Tug beteken in brits: to lovingly coach). Ons kort meer Cora Moolmans van Birchleigh Biblioteek en mev Macnamaras van Birchleigh Noord biblioteek in die gemeenskap. Selfs mnre Paladakis by die Pick ‘n Pay Birchleigh Boulevard stuur hul eie poging van stapel om die tonne ekstra boeke wat by huise rondlê te versprei na dié sonder boeke.

‘n graad 2 kind skryf eenkeer in sy boekie:

Maak sinne met “UI”

Ons klas het ‘n mooi tuin

Die oom op tv dra ‘n pruik

My juffrou ruik lekker

Kom ons doen elkeen ons deel en roei die boeke brand bendes uit. Eers dan sal vry geeste soos die kind kan vlieg omdat hy die krag van woorde en komplimente snap.

 

Categories: Uncategorized | 5 Kommentaar

Artikel navigasie

5 thoughts on “Boeke brand is ‘n doodsonde!!!!

  1. vivien

    Ek stem saam. Boeke is die vensters waar deur ons verskeie lande veilig kan beken!

  2. brynardvermaak

    En so kry jy my ook aan die lees. Jy het regtig ‘n gawe om te skryf! Skitterend!

  3. Ek dink altyd ek ‘ken’ mense redelik, maar ek verstaan nie mense wat nie lees nie. Hoe leeg moet hulle lewens wees.

  4. osiresbj

    Hoor Hoor!

  5. Stunning (ge)skrywe, ek stem volkome saam. Doodsonde #8

Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.