Vereistes vir my dogters se mans

As jy n man soek, soek ‘n ou wat ‘n groot wildsplaas het. As hy nie ‘n plaas het nie, moet hy ten minste diep in die sessyfers per jaar verdien. As hy nie soveel verdien nie, moet hy regtig ‘n baie bekende en populêre persoon wees. As hy maar onbekend is moet hy maar goed met sy hande kan werk. As hy nie met sy hande kan werk nie, moet hy beslis onvoorwaardelik lief vir jou wees. Hy moet jou nonsens kan opvreet en altyd in jou bly glo. Ook in die tye wat jy dit nie self doen nie. Hy moet selfs ‘n zozo hut soos ‘n huis laat voel en ‘n dorpserf soos ‘n kalahariplaas. Hy moet met sy karige salaris jou nog steeds eerste stel en bekend wees daarvoor hoe jy hom bekoor. Hy moet ten minste probeer om iets reg te maak al kry hy dit nie reg nie. Hy moet defnitief nie maak asof hy jou nonsens opvreet nie. Hy moet soms sê sorry al is dit jou skuld.As hy hierdie laaste goed nie kan of wil doen nie……..

SORRY VIR HOM!!!

Categories: Uncategorized | 3 Kommentaar

Kontak met die wingerdstok

Image result for wingerdstok

Die konstante kontak met die wingerdstok van Johannes 15, is nie net ‘n verbintenis wat lukraak gebeur nie. Dit is ‘n ingeworteldheid met ‘n ware simbiose tusen die loot en die stok. Dit impliseer n interafhanklikheid en ‘n wedersydse verantwoordelikheid om mekaar te voed. Die loot met die chlorofil verskaf die stysel wat in die blare geproduseer word en die sigbare groei verteenwoordig. Die loot voed die plant tot voordeel van al die ander lote en die stok. die stok verskaf die nutriente.

Image result for ent van lote

Die wingerdmeester lei die lote om op die beste moontlike plek te wees om maksimum bydrae te lewer tot die plant. Die “setting” van die lote is die uiterste liefde van die meester omdat dit die plant help om heerlike vrugte te dra.

Image result for wingerdstok

Ons verbintenis met God moet deur hierdie metafoor juis nie net ‘n aktiwiteit van ons lewe wees nie maar ‘n lewenswyse.

Categories: Uncategorized | 2 Kommentaar

Psalm van Jan 5


U liefde is onmeetbaar groot

en red my van gewisse dood.

dit wys my hoe om lief te hê

wat baie meer is as net sê.

 

U draai my denke en my dade

en vul my reise met genade.

U voorbeeld is my ware Noord

met vrugte uit die hemelboord.

 

Kom snoei my met ‘n sagte hand

en hou my burger van u land.

Vergewe tog my dom gebed.

My wese weet: NET U KAN RED!!

Categories: Uncategorized | 4 Kommentaar

Ek verlang na my maatjies

Hier sit ek nou weer rustig na ‘n great kerk ontmoeting met ‘n vol gemoed oor die week en ‘n heerlike opgewondenheid in my.

Almal wat al ooit einde van die maand ‘n PT broek aangetrek het en ‘n honderd rand noot in een van die sakke gevind het sal weet waarvan ek praat as daar ‘n heerlike meevallertjie jou pad kruis. Hierdie meevaller is die 33ste reünie van Hoërskool Vorentoe in Johannesburg se matriekgroep. Dis ‘n meevaller omdat ons mos eintlik bargain op 10, 20, 30 en maybe 40 of 50. Hierdie is so lekker soos ‘n Sondagmiddag koffie waar daar dan ‘n braai uitbreek. Miskien ook soos iemand wat nie wyn drink nie (ek ken maar min van hulle) wat vir jou ‘n bottel wyn as geskenk saambring wat hy uit sy pa se kelder geneem het wat dan blyk ‘n 1965 KWV Port te wees met die goue “superieur” label nog intakt.

Ek hoop, nee ek weet, dat dit ‘n baie gesellige bymekaarkom gaan wees. Die Whatsapp het behoorlik gekekkel en gekraai. Net die sien van ‘n naam het onmiddelik ‘n Tsunami van gedagtes laat opwel wat aangespoel het teen die kus van my herinneringe. Opgewonde is nie die woord wat ek wil gebruik om my gevoel uit te druk nie. Miskien eerder: EKSTATIES. Die nuanses is soveel meer as opgewonde omdat ek dit tussen die lyne kan lees wanneer die Whatsapp so vrolik lui.

Grappies en ligsinnighede is aan die orde van die dag, maar dis mos hoe ons ge-operate het. Ons het al lankal in die lewe skoolgeld betaal om soms bietjie laf te raak . Die lekker grappies, die fotos en die telefoonnommers het maar net die water getoets vir die eintlike kontak. Die spirituele stuff en die bemoediging onder mekaar wys dat ons al wesenlik gevorder het op ons aardse paadjie. Die paadjie wat soms alleen was en soms eensaam en soms beide.  ‘n Paadjie wat nooit as te nimmer maklik was nie. Die opdraendes en die afdraaipaadjies se merke sal nooit vir ‘n geoefende oog weggesteek kan word nie. Nie eers agter die vertoon van boodskappies nie. Dit is merke wat deur ons wesens loop en wat soms wegkruipertjie speel tussen die woorde wat ons met ander deel.

Ek sien uit daarna om elkeen weer te sien omdat ek weet dat ons almal maar normaal is. Normaal in die sin dat ons ook maar elke dag in die sweet van ons aangesig ons brood verdien. M.Scott Peck se eerste woorde in sy boek “The road less travelled” is nie verniet: “Die lewe is moeilik” nie. Ons almal van daardie jaar weet dat die lewe vrek moeilik is maar dat daar juwele is wat dit M-A-K-L-I-K-E-R maak. Juwele, soos vriende en kinders en huise en kerke en sekelbosvure en brandewyn en coke. Enige van hierdie troefkaarte in die kaartspel van die lewe is sekerlik waardevol genoeg om gebeurtenisse so te bewillig dat ons paaie met hulle meer gereeld kruis.

Ek kan sien dat daar ‘n hongerte is vir byeen wees. Reunie beteken mos: WEER EEN. So hier en daar steek ‘n verdwaalde vrees sy kop uit in my gedagtes dat ek skrikkerig is dat my lewe nie altyd so glamourous uitgedraai het om almal te oorspeel nie. Gelukkig verdwyn dit vinnig as ek raaklees dat ek nie die enigste een is wat hierdie vrese oordink nie. Dit sal goed wees as elkeen kan sê waar hy of sy NOU is. Nie om ander te beïndruk nie maar om jou eie plek in die lewe weer te evalueer. Ons sal ure kan gesels oor die verlede omdat baie van ons meeste van die tyd daar deurbring. Ons sal die naweek regtig kan geniet en Prediker 8:15 tot volle betekenis kan bring.

Die challenge gaan wees om in hierdie “circle of truth” jou eie drome te kan afstof of bou of ten minste net ‘n fondasie vir die lugkastele te bou. Ek glo dat die klas van ’83 almal hierdie saamwees sal geniet. Ek sien gelukkig ‘n heilige nederigheid in die heen-en-weer boodskappe en weet dat die hoorders van ons stories en geskiedenis en drome die heling sal bring wat net vriende en vure kan bring. Hoorders soos wat Carlos Amanthea oor skryf in sy boek “Lourdes of Arizona” Hy skryf:

“The quiet listener nods, the non-judgemental hearer, there to ease us out of the midnight of feelings, ease us into freedom, with our own words. It is magic. Perhaps as special as the magic we knew that grew in ‘83”

Ek mis ons praatjies en ek mis die grappe. Ek mis die mense maar eintlik mis ek regtig hoe goed ons gevoel het in mekaar se geselskap.

Sien julle die naweek.

Categories: Uncategorized | 2 Kommentaar

Om bote te bou

If you want to build a ship, don’t drum up people together to collect wood and don’t assign them tasks and work, but rather teach them to long for the endless immensity of the sea.– Antoine de Saint Exupery

One will weave the canvas; another will fell a tree by the light of his ax. Yet another will forge nails, and there will be others who observe the stars to learn how to navigate. And yet all will be as one. Building a boat isn’t about weaving canvas, forging nails, or reading the sky. It’s about giving a shared taste for the sea, by the light of which you will see nothing contradictory but rather a community of love. 

Dit het my nog altyd gefassineer hoe presies en fyn horlosiemakers en skeepsmodelbouers moet werk om hul produkte af te werk en klaar te maak. Die tyd en vernuf is nie  teenwoordig by elke Jan rap en sy maat nie. Dit is jare en jare se toegewyde arbeid en eksperimentering en soms mislukking wat maak dat hierdie twee aktiwiteite by uitstek uitstaan as aktiwiteite van karakter en deursettingsvermoë. Bonsai beöefenaars bring nog ‘n element van geduld ook by, maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

Bogenoemde twee het dit in gemeen dat beide hoogs komplekse prosesse is en redelik streng in volgorde gedoen moet word.

Wanneer ‘n groot boot beplan word is daar twee maniere van dink oor die proses. 

Eerstens kan die hele proses uiters planmatig geskied met ingenieurs wat in kantore sit en planne opstel. Daar kan ook kosteberekenaars wees wat die prys van die materiale gaan opsoek en sistematies op die materiale lys aandui. Daar kan ook mense wees wat gehuur word om die bome te gaan afsaag en verwerk in planke en balke, wat na die skeepswerf gebring kan word. Daar kan selfs skrynwerkers gehuur word om die planke aanmekaar te timmer sodat die boot uiteindelik klaar is. Alles baie mooi perfek in taakkompartement en doenlysies en sperdatums en lone en oortyd.

Die tweede manier kan sekere elemente van die eerste insluit maar verskil hemelsbreed van die eerste op grond van sy benadering.

Dit begin by die einde. Dit begin by die liefde en hunkering na die wye see en die avontuur wat sy uitnodigende branders teen die rotse uitbasuin en op die strand uit spel.

So dan enige taak waar mense betrokke is om te deel in ‘n grootse reis.

My terugkoms by my eerste skool het hierdie beginsel so duidelik by my laat materialiseer dat ons die werk met ons kinders nie op enige ander manier kan aanpak nie. Geen sukses met werkskontrole en moderering en pligstate en begrotings kan naastenby kersvashou by die eksponensiële verskil van ‘n personeel wat gefokus is op die einddoel om leerders se nuuskierigheid aan te wakker tot eie leer nie. Onnies wat nie net emmertjies vol kennis prop nie maar vuurtjies aansteek wat vra vir groter stompe. Vure wat brand tot in die ewigheid. Vure wat die wêreld verlig en denke louter tot sinvolle bydraers van die vredesnaratief.

Onnies wat hierdie hunkering deel sal kollektief manier vind om struikelblokke te oorkom. Dit sal geen probleem wees om later te bly nie en punte sal weer aanduidings van vordering wees en nie die kwantifisering van mislukking nie.

Dit is my voorreg om deel te wees van hierdie bouspan by Laerskool Birchleigh. Hier waar skepe gereedgemaak word om die groot oseaan in te vaar. Gepantser teen storms met die wete dat die hawe veiligheid gee en die bouspanne met trots en visionêr daar werk.

Categories: Uncategorized | 3 Kommentaar

Galasiers 5

Hier sit ek weer na maande se skryfdroogte. Allan Saunders en later ook John Lennon het dit baie goed begryp toe hulle beweer het dat “life is what happens while you are busy making other plans”. Die laaste twee maande het so verby geblits dat dit maar net ‘n waas is. Nuwe verantwoordelikhede, nuwe verwagtinge, ou vriende en ou plesiertjies. Dis mos wat die lewe interessant maak.

Gelukkig is dit vakansie en al die vraestelle is gemerk en die punte is in. Dit gee weer baie tyd vir allerhande ditjies en datjies. Mevnel se mosaik skinkbord kort handvatsels, die gastetoilet lek alweer onder by die bak en die krane se wastertjies kort ernstig aandag. Gelukkig ook tyd om die afdak oor te doen en nog ‘n vuurmaakbola te maak. Daar is mos bitter min probleme wat nie sinvol rondom ‘n heerlike sekelbosvuur opgelos kan word nie.

Hier is die dualiteit van so ‘n vuur ook. Wanneer hy laer brand dan word alles wat gebeur in die nuus mos oopgevlek en gedisekteer om sin te maak van die oënskynlike mallighede. Zimbabwe en die SAUK en RIO en die Tour de France is almal op die laataand spyskaart. Oscar is die hoofbesprekingspunt en Donald Trump volg kort op sy hakke.

Oor Oscar het ek beslis nog nie heeltemal my mening solied gegiet nie omdat ek aan die een kant self twee pragtige dogters het wat ek met my lewe sal beskerm. Ek kan ook nie help om tog vir die mannetjie jammer te voel nie. Nie net vir die feit dat hy gestremd is nie maar ook vir die feit dat hy maar deurgaans swak besluite en oordeelsfoute gemaak het. Ongelukkig is ek ook heimlik bewus daarvan dat die gesegde tog waar is. ‘’Almal soek bloed behalwe as dit jou eie is”. Andy Stanley het dit nogals goed beskryf in die praatjie waar hy die twee volledige kante van Jesus se persona verduidelik het. Volledig wet en volledig genade.

Wanneer iemand ons te na kom, beroep ons ons te dikwels op die wet en die oortreding daarvan. Wanneer ons egter oortree, in opset of per ongeluk, verwag ons eintlik as ‘n reel dat genade maar eerder moet geld. Genade en vergifnis. Dis mos eintlik iets wat ander aan jou doen maar wat nie bestaan in jou arsenaal van wapens en gereedskap om verhoudings te heel en uit te bou nie. Ek sal self maar eerder my woorde tel voordat ek te veel wil regter speel oor sy vonnis en toekoms.

Donald Trump is ‘n perd van ‘n ander kleur. Kontroversieel en charismaties. Ek het wel vroeër ‘n paar episodes van the apprentice gekyk maar dit het maar ‘n frank smaak in my mond gelaat. Ek kon nie regtig my vinger sit oor waarom dit vir my net nie reg gevoel het nie. Ek het tog van ander realiteitsprogramme soos Amazing Race en Survivor gehou en het die soms valse interaksies verstaan en ingesien hoe die mense mekaar blindside en soms wen die goeie ou en soms nie.

Gister het ek weer die voorreg gehad om Pieter GR de Villiërs se blog te lees waar hy ‘n baie insiggewende artikel aanhaal uit die New York Times. Dit gaan basies oor hoe vinnig sekere teoloë en hoofstroom geestelikes op die wa gespring het om Trump te ondersteun.

Ek weet te min van die Amerikaanse politiek om regtig te sê wie nou die geskikste kandidaat sal wees vir die Wit Huis. Ek weet ook date k in my lewe probeer om die Gees toe telaat en uit te nooi om in my lewe te werk sodat my energie tot voordeel van almal in my invloedsfeer sal strek. Hierdie teenwoordigheid van die Gees kan net aan sy vrug gemeet word. Die vrug wat voor kamer 1,2, 3 en 4 van Laerskool Meiringspark se paaltjies geplak is. Die vrug waarvan ons lees in Galasiërs 5:22.

Liefde, vrede, vreugde. Geduld, vriendelikheid, goedhartigheid. Getrouheid, nederigheid, selfbeheersing.

Dit gaan bitter baie oortuiging kos om enige van hierdie woorde aan die veldtog van mnr Trump te Koppel. Dis my gewaarwording dat die afwesigheid van hierdie woorde in sy programme gemaak het dat dit my maar dwars in die krop gesteek het.

Vergelyk dit met Undercover Boss en met Secret Millionaire. Galasiërs 5:22 vloei soos lewende water uit daardie ouens en vrouens. Water wat heel en versterk. Nie die woeste water wat meesleur en ontwortel en verwoes nie.

MY voorneme is  om juis meer te fokus om hierdie woorde te laat lewe kry. Nie net in my sê nie maar beslis in my doen en defnitief in die resultaat van hoe mense in my teenwoordigheid voel.

Categories: Uncategorized | 2 Kommentaar

Nuwe hoofstuk.

Laerskool Birchleigh. Ek is terug. Gisteroggend gehoor Ek was suksesvol met my aansoek vir adjunkhoof. Begin 3 Mei. Gevoelens the veel. Watch this space.

Categories: Uncategorized | 8 Kommentaar

Dr Suess

image

Ek lees so lekker aan hierdie skitterende skryfwerk van Dr Suess.

Oh, the Places You’ll Go! by Dr. Seuss

On March 3, 2015

Congratulations!

Today is your day.
You’re off to Great Places!
You’re off and away!

You have brains in your head.
You have feet in your shoes
You can steer yourself
any direction you choose.
You’re on your own. And you know what you know.
And YOU are the guy who’ll decide where to go.

You’ll look up and down streets. Look ’em over with care.
About some you will say, “I don’t choose to go there.”
With your head full of brains and your shoes full of feet,
you’re too smart to go down any not-so-good street.

And you may not find any
you’ll want to go down.
In that case, of course,
you’ll head straight out of town.

It’s opener there
in the wide open air.

Out there things can happen
and frequently do
to people as brainy
and footsy as you.

And when things start to happen,
don’t worry. Don’t stew.
Just go right along.
You’ll start happening too.

OH!
THE PLACES YOU’LL GO!

You’ll be on your way up!
You’ll be seeing great sights!
You’ll join the high fliers
who soar to high heights.

You won’t lag behind, because you’ll have the speed.
You’ll pass the whole gang and you’ll soon take the lead.
Wherever you fly, you’ll be the best of the best.
Wherever you go, you will top all the rest.

Except when you don’t
Because, sometimes, you won’t.

I’m sorry to say so
but, sadly, it’s true
and Hang-ups
can happen to you.

You can get all hung up
in a prickle-ly perch.
And your gang will fly on.
You’ll be left in a Lurch.

You’ll come down from the Lurch
with an unpleasant bump.
And the chances are, then,
that you’ll be in a Slump.

And when you’re in a Slump,
you’re not in for much fun.
Un-slumping yourself
is not easily done.

You will come to a place where the streets are not marked.
Some windows are lighted. But mostly they’re darked.
A place you could sprain both your elbow and chin!
Do you dare to stay out? Do you dare to go in?
How much can you lose? How much can you win?

And IF you go in, should you turn left or right…
or right-and-three-quarters? Or, maybe, not quite?
Or go around back and sneak in from behind?
Simple it’s not, I’m afraid you will find,
for a mind-maker-upper to make up his mind.

You can get so confused
that you’ll start in to race
down long wiggled roads at a break-necking pace
and grind on for miles across weirdish wild space,
headed, I fear, toward a most useless place.
The Waiting Place…

…for people just waiting.
Waiting for a train to go
or a bus to come, or a plane to go
or the mail to come, or the rain to go
or the phone to ring, or the snow to snow
or waiting around for a Yes or a No
or waiting for their hair to grow.
Everyone is just waiting.

Waiting for the fish to bite
or waiting for wind to fly a kite
or waiting around for Friday night
or waiting, perhaps, for their Uncle Jake
or a pot to boil, or a Better Break
or a string of pearls, or a pair of pants
or a wig with curls, or Another Chance.
Everyone is just waiting.

NO!
That’s not for you!

Somehow you’ll escape
all that waiting and staying.
You’ll find the bright places
where Boom Bands are playing.

With banner flip-flapping,
once more you’ll ride high!
Ready for anything under the sky.
Ready because you’re that kind of a guy!

Oh, the places you’ll go! There is fun to be done!
There are points to be scored. there are games to be won.
And the magical things you can do with that ball
will make you the winning-est winner of all.
Fame! You’ll be famous as famous can be,
with the whole wide world watching you win on TV.

Except when they don’t.
Because, sometimes, they won’t.

I’m afraid that some times
you’ll play lonely games too.
Games you can’t win
’cause you’ll play against you.

All Alone!
Whether you like it or not,
Alone will be something
you’ll be quite a lot.

And when you’re alone, there’s a very good chance
you’ll meet things that scare you right out of your pants.
There are some, down the road between hither and yon,
that can scare you so much you won’t want to go on.

But on you will go
though the weather be foul
On you will go
though your enemies prowl
On you will go
though the Hakken-Kraks howl
Onward up many
a frightening creek,
though your arms may get sore
and your sneakers may leak.

On and on you will hike
and I know you’ll hike far
and face up to your problems
whatever they are.

You’ll get mixed up, of course,
as you already know.
You’ll get mixed up
with many strange birds as you go.
So be sure when you step.
Step with care and great tact
and remember that Life’s
a Great Balancing Act.
Just never forget to be dexterous and deft.
And never mix up your right foot with your left.

And will you succeed?
Yes! You will, indeed!
(98 and 3/4 percent guaranteed.)

KID, YOU’LL MOVE MOUNTAINS!

So…
be your name Buxbaum or Bixby or Bray
or Mordecai Ali Van Allen O’Shea,
you’re off to Great Places!
Today is your day!
Your mountain is waiting.
So…get on your way!

Categories: Uncategorized | 4 Kommentaar

Kersfees beteken teenwoordigheid!!!!!!!!!

Hallo!!!! Hoe gaan dit met jou? Wat maak jy nou met jouself? Jis, maar jy lyk goed. Jy’t nog niks verander nie. Hoe kry jy dit reg?……

Reggeraai dis weer vakansietyd en dit maak my lighoofdig oor al die mense wat ek weer ontmoet. Skooldae, weermagdae, kollegedae en skoolhoudae. kinders en kinders wat groot geword het en kinders se ouers en kinders se ouers wat oud geword het. Dis eintlik heerlik om weer die bande op te tel en mekaar weer in die oë te kyk. Die woorde tussen ons bring ons wêrelde weer naby aan mekaar.

Dis hierdie einste woorde wat soms ook tekort skiet as dit kom by die mense naby jou. Ek wil rêrig my mense by my hê en nie net hulle woorde nie. So baie flieks wys die ouers wat daar is maar ook nie eintlik daar is nie. Selfone en tablets en televisies en koerante en tydskrifte maak dat ons soms nie teenwoordig is nie. Ja, TEEN die WOORD. Miskien eerder TEENOOR die WOORD.

Hierdie teenwoordigheid is genuine nie net woorde nie maar ‘n “presence” by jou geliefdes. Teenwoordig met jou hele wese. Die tipe teenwoordigheid wat kinders sal onthou in hulle oudag. Die teenwoordigheid wat hulle sal mis as jy nie eendag daar is nie. Die teenwoordigheid wat geen foto of kledingstuk of boek kan namaak nie.

Dit is tog inhirent ons teenwoordigheid wat die blywende geskenk is waarvan DJS vanoggend in Die Burger skryf. Dit kan nie met geld gekoop word nie en daar is ongelukkig geen plaasvervanger daarvoor nie. Dit is ook ‘n totale geskenk. Amper soos die advertensie waar almal vertel van hulle heerlike vakansies en die laaste outjie hulle almal troef met sy KFC uitstappie.

Teenwoordigheid sal altyd die oppertroefkaart bly. Die Skoppens Ase. Die een ding wat absolute tevredenheid bring. Ek sou wat wou gee om weer die teenwoordigheid van my eie ma en pa te kon hê, maar die geleenthede is ongelukkig verby. Wat oorbly is my eie commitment om daar te wees, om teenwoordig te wees soos God vir Jesus in hierdie tyd aan ons gegee.

Categories: Uncategorized | 3 Kommentaar

Mosselbaai

image

image

image

image

image

image

Soms beweeg ons in plekke wat maak dat ons net nie genoeg kan kry van die moment nie. Dis soos ‘n guava-ysie wat nog kleur het maar nog nie heeltemal klaar is nie. Mosselbaai se punt is een van daardie plekke. Die seereuk van die rotse en die koffie en muffin smaak van Delphinos, is ‘n perfekte simfonie met die koel seebries van die oggend.

Die son groet daar uit die ooste met ‘n paar seemeeue wat duet met mekaar. Die poskaarthuisies met hulle stoepe maak my jaloers omdat die mense wat die plekkies besit, die voorste sitplekke van die konsert van die suidelike oseaan op ‘n langtermynbasis beset. Nie ‘n negatiewe jaloers nie maar eerder ‘n stil waardering van hulle bevoorregte posisie.

Ek loer maar so skuinsweg na die pryse van die plekke op die vensters by die agentskappe. Regtig nie te duur nie maar dit sal ‘n sak en pak hierheen moet wees. Ek sal al my penne moet uittrek en weer bome moet plant en groentetuine moet begin. Probleem is net dat daar nog baie sulke mooi plekke is wat elke keer my hart steel. Blyderivierspoort, Tsitsikama, Ballito, Drakensville, Clarens, Brixton en Tafelberg. Ek kan aanhou en aanhou tot forever maar die besef bly dat daar meer in plekke is as wat ons met ons sintuie kan waarneem.

Ek sal nooit in die Visriviercanyon kan gaan bly nie maar elke keer wat ek met my rugsak daar deur suiker word ek weer “size” gemaak.

Miskien het Dalene Mathee dit die beste verwoord in haar voorwoord tot “The Knysna and Tsitsikama Forests deur Izak van der Merwe” toe sy skryf:

“The enchantment of the rainforest trancends its physical presence, leaving the human soul touched in mysterious ways that even science cannot fathom.”

Hierdie geld al my bogenoemde plekke. Dis nie nodig om dit te verstaan nie maar om beleef te word. Soveel te meer as die mense in jou hart dit saam met jou kan deel.

Categories: Uncategorized | 3 Kommentaar

Blog at WordPress.com.