Ek is lus vir werk.

Ons leef in baie vreemde tye. ek weet nie of dit net is omdat ek oud word en die dae al hoe korter word nie. Dit kan ook wees omdat ek al hoe meer bewus raak van die wêreld se absolute emosionele- en morele bankrotskap. Miskien is dit beide. Die feit dat hierdie vieslike kiem ook nog die wêreld kom omkeer het, skyn die lig net helderder daarop.

Ek onthou toe ek klein was en ek takies vir my ouers by die huis moes doen. My kreatiwiteit om my uit die werk te wikkel sou Da Vinci laat skaamkry het. Die boomhuis was ‘n goeie plek en die toilet was kort op sy hakke. Ek meen. nie een van my ouers het ooit in die boom geklim om te sien wat ek en my broer daar weggesteek het nie. Die toilet was so ‘n awkward untouchable verskoning. Ja, ek pleit skuldig. Ek wou myself uit die werk wikkel want ek was moeg om spanners aan te gee en potte te skrop en vloere te was en vuilgoed uit te dra.

Spring Cleaning – Get Your Kids to Help! | Boston Parents Paper

Al daai takies was my rol maar net handlanger en rondstuurder gewees. Vandag is dit heel anders. EK WIL WERK.!!!!!!!!! Mens kan net soveel broodborde en koffietafeltjies en skinkborde en skilderye maak. Alles baie lekker maar dit raak nie aan die satisfaksie om die lig in ‘n kind se oë te sien aangaan nie. Ek verlang daarna om in mense se lewens in te praat en net met jou nabyheid die ander persoon se plafon oop te skuif sodat hulle weer die son kan sien en voel op hulle skyn. Ouers kan en moet dit ook doen maar ons is by uitstek gerat om dit konsekwent met mening te doen.

Easy white bread recipe | BBC Good Food

Toe God daar in Genesis 3 teleurgesteld was in Adam het hy vir hom gesê dat hy in die sweet van sy aangesig sy brood sal verdien. Die ding is nou. Ek hou van brood!!!. Witbrood, bruinbrood, rogbrood en potbrood. My sweet wìl ek stort by my skool want ek weet dat dit daar is waar ek hierdie einste “brood” kry waarna ek so smag. Ek weet dat ek nie die enigste is nie.

Ek moet bieg dat ek myself heeltyd moet inhou en ‘n deksel op my vernuftige redes moet plaas waarom ek in lockdown mag skooltoe gaan en net my klas gaan afstof en papierwerk uitsorteer. Toe ek oorweeg het om ‘n inbraak te fake het ek geweet dis genoeg. Nou-nou sit ek ook in die tjoekie.

Ek wil regtig teruggaan skool toe. Ek belowe ek sal my hande was en masker opsit en bluetooth high fives uitdeel. Vir nou sal ek rustig by die huis sit en nog youtube lesse post en bid dat ons weer een van die dae kan sweet vir brood.

Categories: Uncategorized | 5 Kommentaar

Artikel navigasie

5 thoughts on “Ek is lus vir werk.

  1. Sjoe, ek wens ek kan my kind na jou skool toe stuur as jy skelm gaan afstof en papierwerk uitsorteer. Ek sien aan my tiener die voordeel van skool. Hy is werklik sosiaal verarm. Hy is nie so sterk met akademie nie, maar baie lief vir help en sy gewig in te gooi met alles wat aangepak word. En hy mis werklik die hartklop van sy skool en die besig wees. My hart pyn vir hom. Nou moet ons hom probeer motiveer om sy akademie op datum te hou, maar vir hom voel dit glad nie soos skool nie, want dis net nie dieselfde nie.

    • Akademie is nie alles nie. Dis wel iets. Ek weet dat hy fine sal wees. Om ander te help en jou gewig in te gooi sit hom klaar in die boonste 10% van die werksmag. Geleerdheid word nogal maklik met leerbaarheid verwar. Elke werknemer wat ek ken soek eerder laasgenoemde.

  2. Baie dankie dat jy dit sê. Ek voel al asof ek in my roeping as tuisskool ma gefaal het, want as ek darem moet kyk hoe woeker ander ma’s met boetie en sussie se skoolwerk, het ek al beginne dink my tiener gaan volgende jaar moet oordoen. Maar ek weet ook eintlik hy gaan orraait wees.

  3. Aha dit is so lekker om jou weer ‘n slag te sien.
    Ek sou net soos jy gevoel het … ons word ‘n besondere les geleer.

  4. woordnoot

    Ek het twee dogters wat skoolhou en glo my….hulle is soos katte op warm plate. Hulle kan nie meer wag om terug te gaan nie!

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.