Tegnologie graad 7

Welkom by my Tegnologieblad. Ek gee nou weer self die vak Tegnologie. Ek los al die inskrywings hierop sodat julle kan voorstelle kry. Dit is maar my interpretasie van die aanbieding van die vak. dit is binne die parameters van die CAPS dokument. Die onderwyser of onderwyseres se opdragte is egter prioriteit in elkeen se eie skool. Elke kind het die verantwoordelikheid om die vak ernstig op te neem en saam met sy onderwyser of onderwyseres te werk aan sukses vir die vak. Sukses wat nie net gemeet word aan punte nie maar werklike kreatiewe toepassing van dit wat hy deur ervaring en samewerking leer. Sterkte aan elkeen.

Kyk ook my Youtube channel. Naam: Mnr Nel

Hier is my nuutste skildery met n dubbelverdwynpunt.

Hier is idees vir ‘n enkel verdwynpunt skets.

image

Ook idees vir n dubbel verdwynpunt.

image

Hier is n paar fotos om jou lus te maak. Kyk of jy die hefboomklasse kan uitken.

image

image

 



 

 

 



 

image

Hier is solank die opdragte wat gedoen moet word. Ek sal dit plaas nadat ek die werk in die klas behandel het en dit voltooi is.

Werk skets opdrag (10 punte)

Teken die volgende 3D voorwerp as ‘n werkskets met die Voor-, Bo- en syaansig. Die skets moet op blokkiespapier gemaak word wat verskaf sal word.

Opdrag 3: Verdwynpuntstudie (5)

Teken ’n verdwynpuntstudie van ‘n kubus met liniaal en potlood. Onthou konstruksielyne.

Opdrag 4 Hefbome (10 Punte)

Lees die onderstaande paragraaf noukeurig deur. Voltooi die tabel deur drie voorbeelde van hefbome te noem wat op en om die konstruksiewerf gevind word en noem ook die tipe klas van elke hefboom wat jy benoem. Teken ook ‘n grafiese voorstelling van die tipe hefboom.

Kempton Park het so pas ‘n nuwe Mall gekry waar daar vir meer as ‘n jaar geswoeg en gesweet is om die bouwerk klaar te kry. Reeds van die begin af was dit ‘n gewerskaf om al die sand met kruiwaens uit die pad te kry. Die werkers het die sand met grawe in die kruiwaens gegooi. Langs die konstruksiewerf het die maatskappy skoppelmaaie en wipplanke vir die werkers se kinders opgerig sodat hulle veilig deur die dag kon speel.

Opdrag 5  PNEUMATIKA EN HIDROULIKA    (10 PUNTE)

Doen navorsing oor PNEUMATIESE en HIDROULIESE stelsels. Gebruik 1 A4 wit papier. Beskryf wat elkeen is en noem voorbeelde in die praktyk. Noem ook die voordele en die nadele van elkeen. Vul jou navorsing aan met 2 gepaste prente.

Pneumatika is die studie en toepassing van saamgeperste gas om meganiese beweging te produseer en werk te verrig.

Hidroulika is die studie en toepassing van saamgeperste vloeistof om meganiese beweging te produseer en werk te verrig.

Pneumatiese stelsels wat op groot skaal gebruik word in die bedryf word algemeen aangedryf deur saamgeperste lug of saamgeperste edelgasse sodat chemiese reaksies nie plaasvind nie. Saamgeperste gas word dikwels verkry deur ‘n masjien wat ‘n kompressor genoem word. Beide pneumatika en hidroulika is die toepassings van vloei energie.

Die verskil is dat in pneumatika word daar ‘n maklik saamdrukbare gas soos lug of ‘n geskikte suiwer gas gebruik terwyl hidroulika ‘n relatief onsaamdrukbare vloeistof soos olie gebruik.

 

Hier is ‘n voorbeeld van regte reddingskake.

Image result for jaws of life cutter

Image result for jaws of life cutter

image

image

image

Kwartaal 2

Hierdie kwartaal kom Strukture aan die beurt.

Kyk uit vir die rubriek wat ek gaan gebruik om die selfoontorings wat julle moet vervaardig gaan bepunt. Hier is ‘n paar fotos van verlede jaar se torings.

image

Kwartaal 3

Hierdie kwartaal behandel ons magnetisme en elektriese stelsels.

Kyk nou al uit hoe ‘n elektromagneet werk en neem goed kennis van stroombane.

image

 

Hier is voorbeelde van laasjaar se modelle.

 

31 Kommentaar

31 thoughts on “Tegnologie graad 7

  1. mnr ek is in mnr se klas graad 5/11 mnr is di coolest so bluetooth high five

  2. reinhardt

    meneer is ons hero .Dankie vir als wat meneer vir ons doen

  3. Danki mnr wardeer dit

  4. Dankie vir al die lesse wat meneer vir ons gee.Meneer Jan is my Hero!!!

  5. Baie dankie dat jy die inligting op die net deel. Ek as ouer (my kind is nie eers in julle skool nie) verstaan nou baie beter wat van my Graad 7 kind verwag word in die Mini-pat. Baie baie dankie

  6. megan

    Dankie vir die inligting Mnr. Maar my graad 7 dogter moet nou hierdie hyskraan maak en ek probeer die inligting op die webwerf kry. Wat kan sy alles gebruik om die elektromagneet hyskraan meer te maak. Ek sal dit waar deur as Mnr my kan help.

    • Eerstens moet sy ‘n hyskraan struktuur bou. Kyk gerus na die bespreking wat ons in die klas gehad het oor tipes hyskrane. Tweedens ‘n werkende katrolsisteem wat ‘n arbeidsvoordeel bewerkstellig. Derdens ‘n werkende elektromagneet. Maak seker daar is ‘n skakelaar en ‘n resistor in die stroombaan. Vra gerus vir Megan dat sy my weer moet kom vra.

      • debbie

        waar kry n mens die inligting

      • Die inligting is nie eksak nie dus moet jy maar elkeen gaan navors en die stukke bymekaar voeg. Mieliestronk het oulike verduidelikings oor elektromagnete en stroombane. Thutong het so hier en daar inligting oor katrolle en rollers. Die hyskrane moet jy maar bietjie navorsing oor doen. Maak net seker jy verstaan die elemente van stabiliteit. (Groot basis, swaar basis, hele struktuur swaarder en Triangulasie) Dan is die bou van die hyskraan peanuts.

  7. Karabo motsoari

    Joh my selfoontoring was die beste in caledonpark skool ek was so gelukkig ek het 60/70 gekry

  8. lea

    Wat van Hyskraan wat ons in 3 de kwartaal moet bou

  9. faith

    daie dankie julle

  10. stompie

    HOE MAAK ‘N MENS ‘N MEGANIESE KAKASTELSEL SONDER OM GELD TE GEBRUIK

    • Ek dink nogal mens sal moet begin by afval materiaal. Ou liniale met skroefies kan die saamgestelde klas 1 hefbome van die kake vorm.
      Bly weg van afval inspuitings en soek eerder n ou fietspomp wat mens kan gebruik om n fiets binneband op te pomp om die kake te kan oopmaak soos n regte reddings kake toestel.

  11. Cora

    Mnr my dogter en 4 maats moet n selfoontoring bou. Daar moet aandag gegee word aan die voorkoms(estitika) en veiligheid (ergonomie).

    Enige idees van watse materiaal gebruik kan word?
    Die taak moet by die skool gedoen word

    • Goeie dag.
      Volgens die CAPS dokument kan hulle enige materiaal gebruik solank dit stewig is. Hulle praat daar van gras wat in bondels vasgebind is met kleefband of so iets. Ek sal dit nie aanbeveel nie en eerder sê dat hulle iets soos “dowels” gebruik en dit dan aanmekaar heg met isoleerband. (Insolation tape), Maak net seker die basis is breër onder as bo en dat daar getrianguleer word met die dwarssparre by. Esteties kan dit gekamoefleer word as ‘n kerktoring of selfs as ‘n watertoring. Ergonomies sou ek dit maak met ‘n leer in die middel op boontoe,
      Ek hoop dit help.

      • Cora

        Baie dankie vir jou terugvoer.
        Hoe is jou gevoel oor papierstrooitjies?
        Ek het n toetslopie gemaak en is nogals verbaas.
        Het die raamwerk met papierstrooitjies (koerant) gedoen en truangulasie deur middel van sosatie stokkies.
        Ons wil nog n platvorm aanbring bo net onder die blokkie wat ons gaan opsit.
        Het gedink om op die blokkie (polistireen) ons skool wapen op te sit dat hy insmelt by die skool??
        Ergenomies het ons gedink om die platvorm bo te omhein en deel van die omheining soos n ‘tonnel-leer’ te maak tot onder.??
        Sal graag vir jou foto wil stuur van dit wat ons beplan….nie so seker van die uiteensetting met die boonste platvorm.

      • Strooitjies is ‘n puik idee en gaan goed saam met die idee om pypwerk te gebruik om dis spanne sterk en lig te maak. Maak net seker dat die koppelings tussen die strooitjies baie stewig is omdat dit die hoofelement van triangulasie is.
        Stuur gerus n foto na whatsapp 0837520877

  12. El-marie

    Sjoe, wat `n goeie snuffelwerf!! Gee self nou teg en dit is effe (goed…heeltemal) nuut vir my en die nuwe Gr 7 juffrou. Hierdie is ongelooflike hulp! Dankie! Enige rubrieke vir die merk van die modelle van seltorings?

  13. Cora

    Ek het hulp nodig asb. Ons verloor elke keer punte op ons ontwerpersopdrag. Dis elke keer iets anders op die opdrag wat nie reg is vir meneer.
    Wat behels die opdrag…uitleg ensomeer?

    Ons moet n hyskraan bou. Taak vandag gekry….sketse moet reeds maandag inwees en volledige opdrag en hyskraan 4sept???
    Dis so min tyd.
    Wat is die beste opsie tot een?

    • mariet

      goeie more…wat behels die skuilingtaak vir die 4de kwartaal

      • Die CAPS omskryf dit as ‘n model van ‘n skuiling wat met waterdigte materiaal bedek is wat maklik is om op te slaan, te vervoer en goedkoop is om te maak.
        My kids gaan dit nie doen nie maar eerder ‘n gereg in die klas voorberei vir vlugtelinge.

  14. Landie

    Mnr Nel

    Help asb – ons moet ‘n waterdigte skuiling bou

    Watter planne het meneer

  15. Ronel

    Help asb die kind moet glo ‘n taak maak van hoe die lewens sake werk en soek prente…dis Graad 7 Technologie… watse prente

  16. Elandri Cornelissen

    dankie Mnr Jan mis mnr baie sw was nie meer so lekker vandat mnr weg was nie

  17. Middag mnr Jan
    My dogter is gr 8 , sy Moet n meganiese toestel bou wat …n mynskag voorstel wat ondergrondse grond Moet uithaal. N myn wat toe geval het. Dit Moet of n katrol of ratte voorstel.. Kan u my asb help. Dit Moet n mini- Pat wees. En voledige inligting daarby. Sal dit baie waardeer
    Baie dankie.
    Susan

Lewer kommentaar op Ronel Kanselleer antwoord

Create a free website or blog at WordPress.com.